DIENSWERK EN OPBOU VAN DIE GEMEENTE

Die doel van die diensgroepe is om saam met mekaar daartoe mee te werk dat ons in gehoorsaamheid aan God onder leiding van die Heilige Gees ooreenkomstig ons gawes by dienswerk in  die gemeente, sowel as in die gemeenskap betrokke raak (Efes. 4:15; Rom. 12:4-8; Gal.6:12).

Ds. Venter is beskikbaar as adviseur vir die Diensgroepe.

DIENSGROEPE

VROUE DIENSGROEP (SUSTERS)

Organiseer en aanbieding van funksies (bv. Gemeente samekomste,   Gemeente etes, Teedrink op Sondae, Verversings by Kerkraadsvergadering en besoekers); Hulp aan Verkopingskommissie.

Verskaffing van versersings by begrafnisse.

Bevordering van meelewing: Onder huidige lidmate (Sondae en in die week) en nuwe lidmate (Bekendstelling, verwelkoming en inburgering).

Instandhouding van 'n noodspens en 'n klerekas.

Diens en hulp aan behoeftiges in samewerking met die diakens en die Sendingkommissie (binne sowel as buite gemeente).

Instandhouding van 'n noodhulpkas.

Advies en hulp t.o.v die verfraaiing van die Kerkgebou en -terrein.

DIENSGROEP VIR VOORBIDDING EN BEMOEDIGING

Studie oor gebed.

Reël besoeke aan lidmate wat siek is, in die nood of bedroef is en gee inligting deur aan lidmate, diakens, ouderlinge en predikante.

Doen voorbidding.

DIENSGROEP VIR BEJAARDES EN GESTREMDES

Gee in oorleg met Diakens en ander ter saaklike organisasies aandag aan die behoeftes van ons bejaardes en gestremdes.

DIENSGROEP VIR ENKELOUERS

Gee aandag aan die behoeftes van enkellopendes (Geskeides, Weduwees, Wewenaars, ens.)

DIENSGROEP VIR MUSIEK EN SANG

Help met sangbegeleiding / sangoefening tydens eredienste en ander gemeentefunksies.

Help met die stig en begeleiding van 'n koor en /of sanggroep

Bevorder die talente van lidmate (bv. Talentaande en Kampkonserte)

DIENSGROEP VIR EVANGELISASIE, TOERUSTING EN PROFESIE

Skakel lidmate met evangelisering gawes in by Sendingkommissie.

Vestig en bevorder Bybelstudie groepe (in wyke of belangegroepe)

Bevorder besinning oor preke en preekbespreking

Help met toerusting van: Leiers (in die algemeen) en hulp Kategete (Katkisasie onderwysers)

Help met volwasse kategese

Bevorder toerusting m.b.t ontdek en gebruik van gawes

Identifiseer sake waaroor profetiese getuienis in die gemeente en in die samelewing gegee moet word.