Geskiedenis

Ons glo dat die Here dit so beskik het dat die Gereformeerde Kerk – as deel van die heilige algemene Christelike Kerk – op 10 Februarie 1859 op Rustenburg tot stand gekom het.

Ou Kerkie

Ds. Dirk Postma van die Christelike Gereformeerde Kerk in Nederland – wat op daardie stadium deur die Sinode na Transvaal gestuur was – is beroep en was ons eerste predikant.

Ds Dirk Postma

Hierna het Gereformeerde gemeentes landwyd tot stand gekom. Vandag is daar 413 gemeentes onder verskillende bevolkingsgroepe in Suidelike Afrika. In die jaar 2009 het ons ons 150ste bestaansjaar met groot dankbaarheid herdenk.