††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††††† Huidige predikante

Ds GJ van Wyk

 

Dr. G.J van Wyk (Gerrie) is gebore op 1 Mei 1956 in Springs. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan HoŽrskool Nylstroom waarna hy by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoŽr Onderwys en die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in S.A gestudeer het. Ds. Gerrie is op 12 Julie 1980 getroud en hulle het twee kinders. Sy eerste gemeente was Petrusburg, Boshof kombinasie in die Vrystaat. Gedurende 1981 en 1982 het hy sy diensplig as dienspligkapelaan in Owamboland verrig. Hy het in Januarie 1987 na Rustenburg gekom.  Hy het sy Honneursgraad in Grieks asook ThM- graad aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoŽr Onderwys  behaal. Op 14 Mei 2010 verwerf hy dan ook sy Ph.D graad aan die Noordwes Univeriteit. Sy telefoonnommers is 014-592 2431 / 082 371 2845.

 

Ds. J.J Venter (Koos) is gebore op 13 Junie 1954 in Brits. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan die HoŽrskool Bergsig in Rustenburg waarna hy by die Rustenburgse Stadsraad gewerk het en later het hy aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike HoŽr Onderwys gestudeer. Sy eerste gemeente was Noordbrug waar hy gewerk het in Promosa en die Boskop wyk van Ikageng. Hy is in Mei 1997 met sendingopdrag na Rustenburg beroep. Ds. Koos is op 24 Desember 1983 met Riana (Coetzee) getroud. Hulle het drie kinders, Heinrich, Rudolph en Jaco. Sy adres is Joubertstr. 248, Rustenburg en sy telefoonnommers is 014 - 592 9600 / 083 289 2668.