|
|
|
Dr. G.J van Wyk (Gerrie) is gebore op 1 Mei 1956 in Springs. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan Hoërskool Nylstroom waarna hy by die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in S.A gestudeer het. Ds. Gerrie is op 12 Julie 1980 getroud en hulle het twee kinders. Sy eerste gemeente was Petrusburg, Boshof kombinasie in die Vrystaat. Gedurende 1981 en 1982 het hy sy diensplig as dienspligkapelaan in Owamboland verrig. Hy het in Januarie 1987 na Rustenburg gekom. Hy het sy Honneursgraad in Grieks asook ThM- graad aan die Po tchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys behaal. Op 14 Mei 2010 verwerf hy dan ook sy Ph.D graad aan die Noordwes Univeriteit. Sy telefoonnommers is 014-592 2431 / 082 371 2845. |
|
Ds. J.J Venter (Koos) is gebore op 13 Junie
1954 in Brits. Hy het sy skoolloopbaan voltooi aan die Hoërskool Bergsig in
Rustenburg waarna hy by die Rustenburgse Stadsraad
gewerk het en later het hy aan die Potchefstroomse Universiteit vir
Christelike Hoër Onderwys gestudeer. Sy eerste gemeente was Noordbrug waar hy
gewerk het in Promosa en die Boskop wyk van Ikageng. Hy is in Mei 1997 met sendingopdrag na Rustenburg beroep. Ds. Koos is op 24
Desember 1983 met Riana (Coetzee) getroud. Hulle het drie kinders, Heinrich,
Rudolph en Jaco. Sy adres is Joubertstr. 248, Rustenburg en sy telefoonnommers is
014 - 592 9600 / 083 289 2668. |